Les 5: Stem opwarming
Les 5: Die polisie karre!
Konsepte: Leer hoe om veilig jou stem op te warm.
Voorbereiding:
Elke kind benodig 'n strooitjie
Inleiding:
Vandag gaan ons werk aan verskillende stem opwarmings. Ons gaan spesifiek kyk na die polisie kar hiervoor.
Oefening 1:
As die polisie karre diewe jaag, sit hulle hul sirenes aan. Begin met ‘n polisie sirene opwarming. Die kinders moet soos ‘n polisie kar se sirene maak
Oefening 2:
Die polisie kar se motor maak ook ‘n brom geluid. Laat die kinders die bromgeluid van 'n kar se enjin maak met hul lippe.
Oefening 3:
As daar diere oor die pad loop voor die polisie kar, druk die polisie man sy toeter. Gebruik die strooitjies en toetergeluide daardeur.
Oefening 4:
Roep en antwoord liedjie:
‘n Roep en antwoord liedjie is wanneer die onderwyser iets sing en die kinders herhaal dit.
Juffrou: Vader Jakob
Kinders: Vader Jakob
Juffrou: Slaap jy nog
Kinders: Slaap jy nog
Juffrou: Hoor hoe lui die kerkklok
Kinders: Hoor hoe lui die kerkklok
Juffrou: Ding-dong-dell
Kinders: Ding-dong-dell
Video:
Onthou om 'n video te neem waar die kinders Vader Jakob speel en dit vir ons te stuur.