Les 3: Bucket drumming
Les 3: Bucket Drumming
Konsepte: Leer hoe om basiese ritmes op dromme te speel
Inhoud:
Die kinders gaan ritmes toepas deur dit uit te voer op groot, leë dromme of emmers.
Voorbereiding:
Jy benodig groot leë dromme of emmers
Jy benodig stokkies om mee te slaan
Indien jy nie emmers beskikbaar het nie, gebruik 'n tafel of liggaamsperkussie
Oefening 1:
Vandag gaan ons 2-, 3- en 4-tyd speel op die dromme. Laas week het ons Twinkle-Twinkle Little Star geklap en hierdie keer gaan ons dit nou op die dromme speel. Terwyl ons speel gaan ons in 2-tyd tel. Een slaan is ekwivalent aan een telling
Oefening 2:
Die wals waarna ons laas week geluister het, is in 3-tyd geskryf. Kom ons probeer nou om saam met die liedjie dromme te speel en te tel. As jy wil kan jy eers die kinders weer die ritme laat klap voordat hulle dit op die dromme speel.
Oefening 3:
Ons gaan weer Vader Jakob op die dromme speel, maar hierdie keer gaan ons op ander plekke op die drom slaan. Jy gaan 2 keer bo-op die drom slaan en dan een keer aan elke kant van die drom op die ritme van die liedjie. (Sien ons video vir hulp en kry ons opname van Vader Jakob op ons webtuiste)