Les 2: Toepassing van ritmes!
Les 2: Kom ons soek ritmes!
Konsepte: Pas 2-, 3- en 4-tyd op liedjies toe
Voorbereiding:
Jy moet internettoegang hê sodat jy Youtube kan gebruik.
Jy kan dalk die skakels vooraf laai indien nodig.
Jy benodig groot, leë dromme of emmers
Indien jy nie emmers beskikbaar het nie, gebruik 'n tafel of liggaamsperkussie
Inleiding:
Julle sal onthou dat ons laasweek die basiese ritmes van musiek geleer het. Vandag gaan ons kyk in watse liedjies hierdie ritmes te vinde is.
Oefening 1:
Julle sal onthou dat julle laasweek in twee tyd soos soldate gemarsjeer het. Twee tyd word ook gebruik om sommige liedjies te skryf. Kom ons luister na Twinkle-Twinkle Little Star. Klap saam met die ritme in twee tyd.
Oefening 3:
Kom ons speel nou Vader Jacob, waarna ons laas week geluister het, op die dromme sodat die ou ooms wakker kan word. Die liedjie word in tellings van 4 getel en julle gaan die ritme op die dromme speel. Een slaan is ekwivalent aan een telling.