Les 1: Basiese ritme:
Les 1: Die ou dae
Konsepte: Leer van basiese ritmes
Voorbereiding:
Maak seker dat daar ‘n groot genoeg spasie is vir die kinders om te dans en beweeg.
Die onderwyser moet weet hoe om te wals.
‘n Wals is wanneer jy een tree vorentoe gee met jou linker voet, dan regs tree met jou regter voet en dan jou linker voet langs jou regter voet skuif.
Inleiding:
Die onderwyser vertel vir die kinders dat hulle vir vandag in die ou tyd lewe.
Oefening 1:
In vroeër jare was die wêreld geteister deur oorlog en al die mans moes gaan veg. Die weermag manne het so gestap: een twee, een twee.
Hierdie ritme word twee tyd genoem.
Laat die kinders dan soos die weermag manne marsjeer en laat almal saam tel in twee tyd.
Oefening 2:
Wanneer die mans uiteindelik by die huis gekom het, het hulle almal saam groot partytjies gehou. Die vroue het groot, vet rokke gedra en almal het ‘n dans gedoen wat ‘n wals genoem is. Die wals bevat tipies ‘n drie tyd ritme. Drie tyd is as volg: een twee drie, een twee drie.
Wys vir die kinders hoe om ‘n eenvoudige wals te doen. (Sien ons video as jy hulp benodig) Laat al die kinders saam passies tree in drie tyd terwyl almal saam tel. Een telling is ekwivalent aan een tree. (Ons gaan na die kant toe vir meer duidelikheid op die bewegings. Julle hoef nie kant toe te gaan nie!) Om dit vir die kinders makliker te maak laat hulle saam tel terwyl hulle die beweging uitvoer.
Oefening 3:
Die volgende oggend was Sondag, maar geen van die ou ooms het kerk toe gegaan nie. ‘n Jong seun moes elke keer die mans wakker maak met die liedjie: Vader Jakob.
Die liedjie word in tellings van 4 getel en julle gaan die ritme klap. Een klap is ekwivalent aan een telling.
Speel die klankopname wat op die webtuiste te vinde is.
Om dit makliker te maak laat die kinders hardop tel terwyl hulle klap.
Hier is Vader jakob se wysie!