Les 2:
Les 2: Veiligheid in die samelewing
Konsepte: Slagwerk en fokus op repeterende ritmiese patrone
Voorbereiding:
Ideal is slaginstrumente, maar lyfperkussie of selfs ‘n tafel kan werk
Jy moet musiek vir die leerders kan speel
Wees gereed vir chaos
Inleiding:
In die hedendaagse lewe is daar baie gevare in die samelewing, maar daar is maniere om almal te oorkom.
Oefening 1:
Praat nou oor padveiligheid en motorongelukke. Vra spesifiek oor die moontlike oorsake en gevolge van motorongelukke.
‘n Groot oorsaak van motorongelukke is kan ook die weer wees. Laat die leerders dan saam klap op die ritme van die liedjie:
Oefening 2:
Die laaste onderwerp is algemene veiligheid. Vra vir die kinders of hulle weet van ‘n paar goed wat verkeerd is om te doen en waarvoor jy tronk toe kan gaan. Die polisie sal jou straf as jy iets verkeerd doen.
Laat hulle almal saam dansies improviseer en die video geniet!
Oefening 3:
Vra uit oor die gevare en moontlike stigtingsmaniere van BRANDE in huishoudings. Laat hulle dan saam klap/tromme slaan ens op die ritme van die volgende liedjie.
Vertel ook vir hulle wat die woorde van die liedjie beteken.
(Die huis brand,
Die huis brand,
Kyk daar
Kyk daar
Vuur, vuur!
Gooi water,
Gooi water!)