Les 4: Samevatting
Voorbereiding:
Skakels moontlik vooraf laai
Werk voor die tyd deur die les om ‘n idee en self ‘n konsep te skep van hoe die struktuur van die les sal werk.
Inleiding:
Vandag gaan ons ‘n samevatting doen van al die ander goed wat ons deur die kwartaal geleer het.
Oefening 1:
Julle sal onthou dat ons in die eerste les saam met liedjies geklap. Vandag gaan ons ‘n toets doen om te sien hoeveel daarvan julle nog kan onthou!
Oefening 2:
Ons gaan afsluit deur weer terug te gaan na die liedjie wat ons nog die hele kwartaal lank oefen…Umsi Watcha! Klap weer saam met die liedjie. Die keer kan die leerders groepe maak en elke groep kan op hulle eie manier ritme hou. Wat goed sal werk is om die klas in 5 te verdeel, maar enige groep-grootte kan werk.