Les 3: Skepping van patrone
Inhoud:
In hierdie les gaan ons leer oor hoe om basiese patrone te skep en watse effek dit op musiek kan he!
Kinders sal in hierdie les hulle kreatiwiteit wys!
Voorbereiding:
3 verskillende slaginstrumente of oppervlaktes
(Bv. emmers met stokkies of selfs lyfperkussie)
Inhoud 1: Wat is patrone?
Patrone kan geskep word deur sekere klanke in ‘n spesifieke volgorde te herhaal. Orals rondom ons is daar patrone wat ‘n mens kan raaksien! Soos die kleurvolle blare op ‘n blom!
Oefening 1: Kom ons werk saam!
(Laat almal in die klas in ‘n sirkel staan/sit)
Speel die klankgreep aangeheg onderaan vir die kinders en laat een leerder begin met ‘n basiese ritme op die liedjie.
Maak dan beurte deur kloksgewys om te gaan terwyl elkeen sy eie ritme byvoeg totdat almal saam n klank maak! (Probeer om soveel as moontlik mediums te gebruik om klankte maak!)
Oefening 2: Umzi Watcha!
Onthou julle die liedjie van die vorige les? Umzi Watcha!
In hierdie les gaan ons probeer om eenvoudige ritmiese patrone by te voeg!
(Kinders kan bly in dieselfde formaat, maar leerders gaan net een op ‘n slag hul eie patroon byvoeg.)
Onthou asseblief om 'n video van die kinders te neem en vir ons te stuur! Sien meer instruksies onder "Musieklesse"!