Les 1: Stem opwarming en digkuns
Les 1: Loeiende sirenes
Konsepte: Leer hoe om veilig jou stem op te warm
Inleiding:
In hierdie les gaan ons fokus op stemopwarming, digkuns en ons nuwe liedjie, Umzi Watsha!
Voorbereiding:
Moet voorbeeld klanke vir leerders kan speel
Tonne energie hê!
Oefening 1: Basiese stem aktiwiteite
Vir die eerste opwarming gaan ons soos oupa uil maak.
Hoe-Hoe. Hoe-Hoe! (“O” Klank”)
Die volgende een moet almal soos n skapie maak.
Meé-Meé. Meé-Meé! (“e” Klank)
Die laaste een gaan almal soos ‘n brandweertrok maak!
(Gaan van LAAG na HOOG!) “Mee-Moo”
Oefening 2: Tong knopers!
Tante Tienie trou tien teen een teen die tiende
Sal Sannie en Sara Saterdag ses en sestig sade saai?
Herhaal hierdie tongknopers stadig totdat die leerders dit foutloos kan se.
Oefening 3: Digkuns
Daars ‘n apie op ‘n stokkie voor my ma se agterdeur
Daars ‘n gaatjie in sy broekie en sy stertjie steek
daardeur.
Oefening 4: Sing almal saam!
Nou gaan ons ‘n liedjie sing wat ons hierdie kwartaal gaan aanleer! (Juffrou wys video vir leerders en leerders herhaal woorde na die videogids)