Les 4: Bucket drumming
Les 4: Donderweer slae!
Konsepte: Hierdie les leer vir leerders hoe om in kanon te sing en roep-en-antwoord liedjies word hersien.
Voorbereiding:
Jy benodig groot leë dromme of emmers
Jy benodig stokkies om mee te slaan
Indien jy nie emmers beskikbaar het nie, gebruik 'n tafel of liggaamsperkussie
Inleiding:
Ewe skielik is daar 'n harde slag buite.
BOOM!!!
Dis donderweer! Vandag gaan ons soos donderweer maak deur om te speel op dromme.
Oefening 1:
Kom ons speel 'n lekker ritme. Slaan op 4-tyd op jou drom. Indien julle hulp benodig sien ons video.
Oefening 2:
Noudat ons in 4-tyd bo-op die dromme geslaan het, gaan ons vir 2 tellings bo slaan en 2 tellings aan die kante van die dromme slaan.
Video:
Onthou om vir ons 'n video te stuur van die kinders wat Imvula Speel.