Les 2:
Les 2:
Konsepte: Leer om op ritme te dans
Voorbereiding:
Groot genoeg spasie om in te dans
Internet toegang
Lekker baie gees!
Inleiding:
Vandag gaan ons lekker gaan dans in die reën!
Oefening 1:
Laat die kinders na die liedjie luister en vra vir hulle om die tyd te identifiseer.
Die liedjie is 4-tyd. As die kinders sukkel, tel saam met hulle in 4 tyd.
Oefening 2:
Die kinders gaan nou ‘n eenvoudige dans leer op die liedjie. Sien aan gehegte video vir die dans.
Oefening 3:
Laat die kinders in groepe werk om hul eie dansies op die ritme van die liedjie te maak.
Die kinders moet minstens een keer spring en klap.