Les 1: Ritmiese speletjies
Les 1: Reën ritmes!
Konsepte: In hierdie les sal die leerders ritme moet hou en leer om te luister wanneer om te speel
Voorbereiding:
Internet toegang vir Youtube
Jy kan die skakels vooraf aflaai indien nodig
Inleiding:
Kom ons verbeel ons, ons is buite in die reën.
Hersiening:
In kwartaal 1 het ons geleer oor die 2-tyd, 3-tyd en 4-tyd ritmes
2-tyd se ritme gaan so: een twee, een twee, een twee
3-tyd se ritme gaan so: een twee drie, een twee drie
4-tyd se ritme gaan so: een twee drie vier, een twee drie vier
Oefening 1:
Vir ons eerste oefening gaan ons op die zulu liedjie, Ngizwa imvula, hande klap op ritme. Die liedjie is in 4-tyd.
Oefening 2:
Vir hierdie oefening gaan die onderwyser ‘n ritme sê en die kinders gaan beantwoord.
Vraag 1: Hoe tel mens 2-tyd?
Vraag 2: Watse tyd is dit as jy tel 1, 2, 3?
Vraag 3: Wat is die ander tyd en hoe tel mens vir dit?
Antwoorde:
Vraag 1: Een-twee, een-twee
Vraag 2: 3-tyd
Vraag 3: 4-tyd word getel een-twee-drie-vier, een-twee-drie-vier,